Local sportSport

Ungerer eersdaags ‘n King

Skrumskakel van die iCollege Pumas, Stefan Ungerer (foto) sluit na afloop van die Curriebekerreeks by die Southern Kings aan.

Ungerer het ‘n tweejaarkontrak met die unie gesluit.

Die 25-jarige, wat verlede jaar by die Pumas aangesluit en in die Curriebeker uitgedraf het, het in 2017 tydens die span se jaareindfunksie met die agterspeler van die jaar-trofee asook die SupaPuma-trofee weggestap.

Ungerer se kontrak by die Laeveldse span strek tot die einde van Oktober.

Op 12 Oktober meet die Pumas in die laaste uitspeelronde van die Curriebebeker, kragte teen die Xerox Goue Leeus op Mbombela Stadion.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button