Local sportSport

Alex eet, slaap en praat resies

Hoërskool Nelspruit se Alex Coetzee laat nie net sy Big Boy 125 Pit Bike se wiele rol nie, dié 18-jarige ry ook met sy midget stof in die ou toppies se oë om die renbaan. 

Alex is na afloop van die tweede streekkompetisie die voorloper in die supermidgetklas.

Hy het voorheen in die knortjorkategorie deelgeneem, maar kort voor lank het die midget-gogga hom gebyt.

“‘n Knortjor gee my nie daardie adrenalienbelaaide ritte nie. ‘n Midget is fenomenaal.”

Sy liefde vir spoed en enigiets wat wiele het, kom al van kleintyd af.

“Ek en my broer, Hannes (15) het langs die renbaan grootgeword. Dit is in ons bloed. Ek het nie soos enige jong lat twee wieletjies aan ‘n trapfiets gehad nie. My pa het vir my wieletjies aan my motorfiets gesit. Ek kry skoon hoendervleis as ek daaroor praat.”

Hannes sal van volgende jaar af in die midget-klas kan deelneem wanneer hy sy 16de verjaarsdag vier.

Die 18-jarige se droom? Om die sport professioneel te beoefen. “My hart gaan staan amper elke keer as Alex in die midget klim, maar dit is al waaroor hy praat. Hy eet, slaap en praat resies,” vertel sy ma Kobie. Alex is besig om sy eie midget te bou. Die Laeveld-gemeenskap word uitgenooi om die eerste naweek van ‘n nuwe maand renjaers in hul renstelle by die Nelspruit Ovaalbaan in aksie te kom sien.

Alex Coetzee.

Hier sal Alex by die baan se hek tussen die kuipe en die baan die enjin van sy pienk, swart en groen midget-kar se toere opjaag.

Die rondes word deur die aantal voertuie wat deelneem, plus twee, bepaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button