Local sportSport

Nellies se Jodi raap pryse by gala op

Laerskool Nelspruit se swemmer van die 2017/18-jaar, Jodi Dos Santos het vier rekords tydens Nellies se MRA-interhuisgala verpletter. 

Jodi is as die senior victrix ludorum aangewys en het ook die trofee vir die beste prestasie deur ‘n senior dogter ontvang.

Die agt-jarige Jessica Matthyssen het ook talle welslae in die bad behaal nadat sy met twee trofeë onder haar armpies gespog het.

Jean-Arno Cilliers (12) wat in al sy items goue medaljes om sy nek gehang het, is na afloop van die gala as die senior victor ludorum aangewys. Hy het ook die trofee vir die beste prestasie deur ‘n seun (senior) ontvang.

Trofeewenners
Beste prestasie
• Juniors – Jessica Matthyssen en Paul Coetzee
• Seniors – Jodi Dos Santos en Jean-Arno Cilliers

Victor ludorum
• Junior – JP Snyman
• Senior – Jean-Arno Cilliers

Victrix ludorum
• Junior – Jessica Matthyssen
• Senior – Jodi Dos Santos

Nuwe rekords
Dandré Louw (o/7)
• 25 meter-vryslag
Vorige tyd – 20,34
2018 – 27,31
• 25 meter-vlinderslag
Vorige – 27,31
2018 – 25,83

Jodi Dos Santos (o/12)
• 50 meter-vryslag
Vorige tyd – 31,80
2018 – 31,14
• 50 m-rugslag
Vorige tyd – 36,68
2018 – 35,04
• 50 m-vlinderslag
Vorige tyd – 36,12
2018 – 32,75
• 200 meter-individuele wisselslag
Vorige tyd – 2:47,36
2018 – 2:42,75.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button