Local sportSport
‘n Eerste vir Hoërskool Nelspruit
Krieketster van Hoërskool Nelspruit, Jacques Vosloo se toekoms lyk blink danksy die welslae wat hy vanjaar op die krieketveld behaal het.
Dié 16-jarige is sy skool se eerste speler wat in die senior Mpumalanga-span ingesluit is.
Jacques het die oog van die Proteas se o/19-afrigter, Lawrence Mahatlane gevang waar hy deel van ‘n talentontwikkelingsprogram was, toe hy aan die St Davids-krieketfees deelgeneem het.
Die jongeling het saam met die provinsiale span na Oos-Londen getoer waar die span in die Afrikabeker om glorie meegeding het.
“Dit is voorwaar ‘n groot prestasie om op 16-jarige ouderdom reeds in hierdie span opgeneem te word,” het sy afrigter, Johan Rudolph gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

