Local sportSport
Atheners tops by jaarlikse gala
Hoërskool Nelspruit het hulle jaarlikse interhuisswemgala verlede week gehou en swemmers het hulself weer goed van hul taak gekwyt.
Die opwinding was tasbaar om die swembad toe die Atheners, wat verlede jaar die derde plek tussen die onderskeie huise, Trojane en Spartane beklee het, vanjaar as die wenners met 978 punte aangewys is.
Jetro Piso en Jeanne Joubert, wat onderskeidelik in 2017 as die o/16-victor en -victrix ludorum aangewys is, het vanjaar weer met die toekennings weggestap.
Die beste prestasie van die dag is deur Dylan Boshoff (o/15), wat in Junie ‘n derde plek by die SA Jeug en Senior Nasionale Kampioenskappe behaal het, opgeraap terwyl NHS se sportvrou van die jaar, Carla Mouton as die dogterswemmer van die dag aangewys is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!









