Local sportSport

KRAAKVARS NUUS: Stonehouse maak sy toekomsplanne bekend

Die direkteur van rugby by die iCollege Pumas, Jimmy Stonehouse het Maandag aangekondig dat hy sy naam van die kortlys vir die pos by die Bulle verwyder het.

Stonehouse het vandag ‘n persverklaring uitgereik waarin hy verduidelik waarom hy besluit het om by die Pumas te bly:

“Die besluitloosheid, onsekerheid van die afrigtingstruktuur en tydsverloop van die aanstelling van die Bulle se afrigter het ‘n groot invloed op my besluit.”

“Ek verstaan dat die Bulle moet raakvat met die aanstelling van die volgende afrigter en daarom huidiglik geen haas. As ek die media reg vertolk, blyk dit of dinge reeds in plek is met ‘n afrigter om die Super-rugbyspan te brei.”

“Die Pumas staan op die voorgrond van ‘n moontlike insluiting in die Pro16-reeks en dus is hulle voorbereiding belangrik.”

“Hoewel ek enige tyd beskikbaar vir die pos sou wees is my beskikbaarheid reeds deur die raad van die Pumas bevestig. Ek kan nie my brood aan albei kante gebotter wil hê nie.”

“Ek skaar my dus by die Pumas en hulle toekoms.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button