Local sportSport
Krieketspan eindig 14-jaar se droogte
Hoërskool Rob Ferreira se o/14-krieketspan is as Mpumalanga se T20-naaswenners aangewys nadat hulle Maandag vir die eerste keer in 14 jaar die eindstryd gehaal het.

Robbies het gasheer vir HTS Middelburg gespeel en die knie met 39 lopies gebuig.
Mikolas Arnoldi het ‘n 100-tal vroeër die seisoen teen Malekutu gemoker en ‘n driekuns in die halfeindstryd teen Hoërskool Middelburg behaal.
Peter Quinn en Ben Wessels het ook met die bal in hand ‘n driekuns behaal.
“Ek is so trots op hierdie groep seuns. Dit was ‘n uitstekende seisoen gewees. Ons het tot op die einde toe geveg en ons sal beslis volgende jaar terug wees om vir die trofee mee te ding. Baie dankie aan al die ouers vir julle toegewyde ondersteuning gedurende die seisoen,” het afrigter Werdi Stoop gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

