Naellopers maak opslae in Polokwane
Ses naelloopatlete van Hoërskool Rob Ferreira het Saterdag amok in Polokwane gemaak.
Nkosana Mpinga (o/17), Lunga Makaringa (o/17), Junior Mondlane (o/15), Lowazi Mogodiri (o/15), Kenneth Mathebula (o/15) en Nhanhla Maseko (o/17) het by die Marius Lengton Prestige-byeenkoms wat deur HTS Tom Naude aangebied word, sub 11 sek in die 100 m klaargemaak.
Lowazi se eerste plek in die verspringitem was egter die groot hoogtepunt van die dag met ‘n afstand van 6,98 m wat hom1 156 ABSA-punte in die sak gebring het.
Thapelo Nkuna (o/16) was ook duskant die 7 m-merk. Hy het ‘n eerste plek met ‘n afstand van 6,91 m op die podium ingeneem.
Junior het net weer eens bewys dat hy reeds vroeg in die seisoen ‘n atleet is waarmee daar gereken kan word. Hy het ‘n goue medalje in die 100 m met ‘n tyd van 10,69 sek kafgedraf (1 066) en nog ‘n eerste medalje in die 300 m-hekkies met ‘n tyd van 39,43 (923).

Die jaarlikse Triple J-byeenkoms vind môre plaas waar 21 atletiekspanne na Robbies gaan opruk.
Meer as 900 ABSA-punte
Goud
• Lowazi Mogodiri (o/15) – 200 m (22,84); verspring (6,98)
• Junior Mondlane (o/15) – 100 m (10,69); 300 m-hekkies (39,43)
• Thapelo Nkuna (o/16) – verspring (6,91)
• Nkosana Mpinga (o/17) – 100 m (10,62)
Silwer
• Lowazi Mogodiri (o/15) – 100 m (10,93)
• Lunga Makaringa (o/17) – 100 m (10,69)
Brons
• Kutullo Letsoalo (o/14) – verspring (5,62)
• Kenneth Mathebula (o/15) – 100 m (10,96)
Vierde
• Brian Manzini (o/14) – verspring (5,49)
• Nhanhla Maseko (o/17) – 100 m (10,88).

