Local sportSport

Sumari weer sportvrou van die jaar

Die 16-jarige langafstandatleet van Hoërskool Berglvam, Sumari van Staden is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die sportvrou van die jaar aangewys. Krieketster, Faheem Nomani het die sportman van die jaar-trofee ontvang.

Sumari het tydens vanjaar se MediClinic Interhoërbyeenkoms haar titel in die 800-, 1 500- en 3 000-meter verdedig. Sy het by die Mpumalanga Kampioenskappe, wat in Secunda plaasgevind het, ‘n tweede plek in die 3 000 meter verower.

“Ek glo nie Sumari kan haarself ‘n lewe indink sonder hardloop nie, haar toegewyde daaglikse, ure lange oefening span die kroon op vanaand se toekenning. Sumari, dié van ons wat jou dophou, bewonder jou durf en deursettingsvermoë. Jy het ‘n ongelooflike hardloopstyl en uithouvermoë wat jou deur elke wedloop dra,” het Vlammies se hoof Deon Visser gesê.

Sumari het ‘n algehele 34ste by die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe ingeneem nadat sy die provinsiale span gehaal het vir haar tweede plek vir landloop.

Sy was ook deel van Vlammies se o/16A-hokkiespan en was ook in die senior sewesspan in aksie.

Faheem wat volgende jaar sy krieketloopbaan by NMMU gaan voorsit, het die seisoen met die kolf in die hand amok gemaak. Faheem het 700 lopies bymekaar gemaak. Hy is vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Mpumalanga-span wat later vanjaar aan die o/19 Khaya Majola-krieketweek gaan deelneem, gekies.

Krieket is nie die enigste sport waarin Faheem hierdie jaar uitgeblink het nie.

Faheem Nomani.

Dié 18-jarige was deel van die eerste hokkiespan waar hy ook die span aangevoer het. Hy het rugby en sokker gespeel en ook atletiek beoefen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button