Local sportSport

Nellies se spanne verdedig hul titel

Twee van Laerskool Nelspruit se krieketspanne het die Mpumalanga Superliga-titel ingepalm. 

Die o/11’s wat die trofee ook verlede jaar omhoog gehou het, het in die eindstryd teen Laerskool Kruinpark wat in Secunda beslis is, te staan gekom en die spannetjie met sewe paaltjies vermorsel.

Afrigter Rhyno Schilling se span het vanjaar 15 uit 15 wedstryde gewen. Wat die prestasie egter nog meer aanloklik maak is dat hulle sedert o/9 saam speel en is na 43 wedstryde steeds onoorwonne.

Nellies se o/12’s is, voor Delarye Engelbrecht, Hugo Liversage, Nathan Duncan, Adé Adendorff, Amanda van Aardt, (middel) Christian Smith, Jean-Arno Cilliers, David Botha, Rigardt Vermaak, Triston Kleynhans, Kyle Saunders, Wian de Beer, (agter) Theuns Meyer en De Wet Erasmus.

Nellies se o/12’s het Laerskool Klipfontein in die eindstryd ontmoet en maklik met 10 paaltjies met die span afgereken.

Nellies het Klipfontein vir ‘n skamele 25 lopies uitgemoker en reeds die wenlopies na net 3,4 beurte aangeteken. Die kragmeting is in Witbank uitgespook.

Die o/13A-krieketspan wat gasheer vir Kanonkop in die eindstryd gespeel het, moes die knie met vier paaltjies buig.

‘n Hele paar van Nellies se o/11’s het hierdie seisoen goed gevaar:
Boulers 
• John Robert de Clerck – ses beurte vir 18 lopies
• Vaughn van Zyl – ses beurte, drie van 14 lopies
• Jean Erasmus – drie beurte, een vir vyf lopies.
Kolwers
• John Duncan – 22 van 22 balle
• Waldimar Graham – 17 van 14 balle
• Vaughn van Zyl – 50 van 25 balle
• Janco Breyl – 14 van 11 balle.

Foto’s: Hennie Homann / www.photoxpress.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button