Local sportSport

Wenners aangewys, Nel reeds in VSA

Nicky Nel (foto) het Dinsdagaand saam met die Suid-Afrikaanse span na die Wêreldfiksheidfederasie se wêreldkampioenskappe wat vandag in Huntington Beach, Kalifornië beslis word, vertrek.

Sy het tydens die SA kampioenskappe haar plek op die vliegtuig bespreek toe sy ‘n eerste plek in die bikinimodel-kategorie vir onder 1,63 m, asook ‘n algehele eerste plek in die onderskeie kategorieë behaal het.

Om genoeg fondse vir die wêreldkampioenskappe in te samel, het sy lootjies verkoop.

Dié 24-jarige het Maandag die trekking van die wenners by Laeveld Media se kantore kom doen.

Nevel Viljoen het met die grootste prys, ‘n weeklange vakansie by Paindane Beach in Mosambiek ter waarde van R18 600 weggestap. Genevieve Stander het R1 180 om by Estie’s Naels, Skoonheid en Haarsalon te spandeer en Riaan Greyling kan R1 000 se vleis by Mario’s Slaghuis koop.

‘n Manshaarsny, kleur en stilering by Dei Gratia ter waarde van R400 is deur Hilmar Backer opgeraap en Diana Loock kan haarself met ‘n massering by Purple Moss ter waarde van R350 gaan bederf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button