Local sportSport

Plaaslike spelers skitter in sewestoernooi

Wat vier jaar terug as 'n droom vir die Fathers' Ground begin het, kon dié formidabele span pa's vir die vierde agtereenvolgende jaar 'n sewestoernooi die afgelope naweek op Laerskool Witrivier se velde aanbied.

Skole van sover as KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga se o/11 en o/12-spanne het aan die toernooi deelgeneem. Net soos verlede jaar het die seuns skouspelagtige rugby gespeel.

Na elke kragmeting is daar ‘n speler van die wedstryd – en na afloop van die toernooi ook ‘n speler van die toernooi – aangewys.

Jan Malan.

“Namens skoliere, onderwysers, ouers en al die administratiewe personeel van Fathers’ Ground en Laerskool Witrivier wil ons graag aan elkeen wat die toernooi bygewoon het dankie sê. Dit was ‘n fees om julle hier te gehad het. Ons hoop dat julle die toernooi geniet het en dat die spelers dit terdeë geniet het. Ons sien reeds uit om julle weer volgende jaar te ontvang,” het die komitee van Fathers’ Ground gesê.

 

Goedehoop A se o/11’s is as die kampioene aangewys nadat hulle teen Tzaneen in die eindstryd met 29-5 uitoorlê het. Die o/12-seuns van Noordskool het Tzaneen met een punt gewen om die o/12-trofee te verower.

‘n Hele paar van die Laeveld se bulletjies is as spelers van die wedstryd in hulle onderskeie kragmetings aangewys. Theuns Kruger, Michael Swanepoel, Malusi Masilela, Johan Grimbeeck, Jordan Pretorius, Callum van Staden en Jaques Stassen (almal van Whities), Theuns Meyer, Edric Mnisi, Jacko Henning, Ruben Greeff (almal Nellies) en Penryn se Gontoe Shakoane het puik rugby oor die twee dae gespeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button