Local sportSport

Impalas vier Puma-liga oorwinning, beloon ster spelers

Die Impala Rugbyklub van Komatipoort het 'n puik jaar met 'n gesellige prysuitdeling en kuier Saterdagaand by die Buffalo Hotel in Hectorspruit afgesluit.

Die Impala Rugbyklub van Komatipoort was die jaar se Laeveld-ligakampioene en het daarna die Puma-ligatrofee met Ermelo gedeel.

Saterdagaand tydens die klub se jaarafsluiting by Buffalo Hotel in Hectorspruit het voorsitter Ben Jordaan die afgelope paar jaar se suksesse met die spanlede, hul families en borge gedeel. Hy het almal bedank vir hulle bydrae wat gehelp het om die span tot sulke hoogtes te dryf.

LEES: Impalas klop Lydenburg en wen Laeveld-liga

Jordaan het ook die rugbyspelers aangemoedig om volgende jaar aan te hou speel en die hoop uitgespreek dat die Impalas se ledegetalle sal groei.

Die twee afrigters, Frikkie Odendaal en Chris Grobler, is spesiaal vir hulle harde werk bedank en het daarna ook hul beurt gekry om die spelers te bedank.

Elke speler het ‘n spesiale klein beker ontvang as aandenking van hul liga-oorwinning.

Daarna is trofeë aan die topspelers van die jaar oorhandig:

• Sewes speler van die jaar – Ideon van der Merwe

• Meeste punte aangeteken – Cashwell Khoza

• Mees belowende speler van die jaar – JP Smit

• Beste drie van die jaar – JP Ferreira

• Mees gedisiplineerde speler – Danie Pretorius

• Jong speler van die jaar – Swannie Swanepoel

• Veelsydigste speler (ses posisies) – Brennan Jordaan

• Agterspeler van die jaar – Tiaan Nel

• Voorspeler en Spelers se Speler van die jaar – Pieter Engels

• Speler van die jaar – Tiaan Fourie

Die laaste trofee van die aand is grappenderwys aan Frikkie Odendaal, as die “moeilikheidmaker van die jaar” oorhandig.

LEES: Impalas gee Ratels pak in rugbyseisoen se vierde wedstryd

Die Impalas sal in die nuwe jaar weer in alle erns begin oefen en belangstellendes word genooi om aan te sluit by dié wenspan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button