Local sportSport

Manne! Kom kuier saam

Die jaarlikse VR Cargo Barberton Rugbyklub (BRK) se gholfdag en sewestoernooi is om die draai. 

Die gholfdag word Vrydag 16 November by Barberton Gholfklub gehou waar die rugbyspelers die volgende dag by BRK se veld in aksie gaan wees.

Besighede kan inkoop en spanne vir die toernooi inskryf. Maatskappye moet net ten minste drie van hulle eie werknemers in hulle spanne insluit. Indien hulle nie die nodige mannekrag het nie, kan van BRK se spelers ingespan word.

Meer as 10 sakeondernemings het reeds vir die sewestoernooi ingeskryf. Manne wat jare gelede al hulle rugbyskoene gebêre het, kan ontspan. Dit is net raakrugby (touch rugby) en spel is vyf minute aan ‘n kant.

Die prysuitdeling na afloop van die gholfdag, word by BRK gehou.

Die koste beloop R2 000 wat ‘n vierbal, etes, die spelers wat gaan gebruik word en die volgende dag se sewestoernooi insluit.

Pryse vir die span met die beste gees en drag staan ‘n kans om na die rugbydag pryse te wen.

Daar sal trofeë aan die wenners van die beker, plate, boul en skild oorhandig word. Die span wat die gesogte beker omhoog hou, sal R2 000 in hulle
sak steek.

Toeskouers kan na vermaak vir die jongspan en braaigeriewe uitsien. Navrae: Jaice by 072-049-9210 of Ben by 082-560-6245.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button