Ses spelers op proef by Pumas
Nelspruit Rugbyklub se mees belowende speler van die jaar, Stephan de Jager is op 'n proeftydperk by die iCollege Pumas ingespan.

Die Pumas het ook die dienste van Jacobus Kleinhans (heelagter, Pumas o/20), Brandon Valentyn (slot/flank, Maties), Rowan Gouws (skrumskakel, Kings), Cameron Pullen (stut, Hoërskool Nelspruit) en Zwelakhe Silaule (Barberton Rugbyklub, vleuel) bekom.
Valentyn was vroeër vanjaar deel van Maties se Varsitybekerspan wat as die 2018 se kampioene van die universiteitsreeks gekroon is.
Reynier van Rooyen en Ginter Smuts is die enigste twee skrumskakels wat kontrakte met die Pumas vir die 2019 se seisoen gesluit het. Die Pumas se Abrie Griesel (uitgetree) en Stefan Ungerer (Kings) was vanjaar in aksie in die nommer nege-trui.
Die Pumas sluit op Vrydag 14 Desember die jaar af en sal vroeg in Januarie vir die 2019-seisoen begin voorberei.

