Nellies pronk met die jaar se beste sportpresteerders
Die laerskool het op 4 en 5 Desember by die jaarlikse prysuitdeling, oftewel die merietetoekennings soos die Nellies dit noem, met sy leerlinge wat die afgelope jaar in sport en akademie preseteer het, gespog.

Charles-Timon Nel en Arili Boshoff is verlede week as Laerskool Nelspruit se sportseun en -dogter van die jaar aangewys.
Die laerskool het op 4 en 5 Desember by die jaarlikse prysuitdeling, oftewel die merietetoekennings soos die Nellies dit noem, met sy leerlinge wat die afgelope jaar in sport en akademie preseteer het, gespog.
Tydens die seniors (gr. 4 tot 7) se glansgeleentheid op 5 Desember is Charles-Timon ook aangewys as die senior seun met die beste prestasie in hokkie. Arili was die dogter met die beste prestasie in tennis.
Hier is die volledige lys wenners van die top toekennings
Seniors
Beste prestasie in atletiek (dogter): Ashley Erasmus
Beste prestasie in atletiek (seun): Vaughn van Zyl
Veelsydigheid in atletiek: Shanese de Clerck
Beste prestasie in hokkie (dogter): Lize Oosthuizen
Beste prestasie in hokkie (seun): Charles Timon Nel
Beste prestasie in landloop (dogter): Tanya Pieterse
Beste prestasie in landloop (seun): Joshua Fincham
Beste prestasie in netbal (dogter): Ashley Erasmus
Beste prestasie in rugby (seun): Braam Basson
Beste prestasie in tennis (dogter): Arili Boshoff
Beste prestasie in tennis (seun): Braam Basson.
Juniors
Beste prestasie in atletiek (dogter): Lana Theron
Beste prestasie in atletiek (seun): Dandré Louw
Beste prestasie in landloop (dogter): Mieke Pauer
Beste prestasie in landloop (seun): Julian Middel
Beste prestasie in swem (dogter): Jessica Matthysen
Beste prestasie in swem (seun): Dandré Louw.
