Curro leef saam hul passie vir atletiek uit
Curro se atlete moet beslis tydens vanjaar se atletiekseisoen dopgehou word.

Rekords wat spat en uitstekende uitslae was aan die orde van die dag toe Curro Nelspruit (hoërskool) se eerste atletiekbyeenkoms van die jaar Dinsdag kookpunt bereik het.

Curro se atlete moet beslis tydens vanjaar se atletiekseisoen dopgehou word. Nagenoeg 120 atlete vertrek eersdaags na Secunda waar hulle by Hoërskool Oorsterland hulle man gaan staan.
Julia van Aardt is as die byeenkoms se junior victrix ludorum bekroon toe sy vyf eerste plekke behaal en goed in die 100 m, 200 m asook 400 m vir dogters o/14 presteer het.
Die junior victor ludorum van die byeenkoms was Taku Taderera nadat hy met ses eerste plekke weggestap het.
Sy beste prestasies van die dag was:
• Seuns o/14 100 m-hekkies – 13,44 (1 105 punte op ABSA-tabel)
• Seuns o/14 verspring – 5,84 m (1 045 punte op ABSA-tabel)
• Seuns 0/14 hoogspring – 1,55 m (822 punte op ABSA-tabel).
Die senior victrix ludorum van die dag was Zuziwe Mayenjane, vir haar prestasies in die driesprong (10,60 m), verspring, 100 m en 200 m vir dogters o/19.
Nadat Benji Richardson vier eerste plekke behaal het en in die 200 m (23,00, 921 punte op die ABSA-tabel) asook verspring (6,56 m, 906 punte op die ABSA-tabel) vir seuns o/16 uitgeblink het, is hy as denior victor ludorum aangewys.
Nie eers die versengende hitte kon die entoesiasme van die leerders demp nie. Op die paviljoene het die onderskeie huise hulle spanmaats aangemoedig met uitbundige krete. Die Kiepersolspan het die beoordelaars verstom met hulle eindelose energie.

