Komaties pak interhuis met ywer aan
Die skoolgees, fokus en geesdrif van Komatipoort Akademie se leerlinge was verlede Vrydagoggend tydens hul interhuis opvallend.
Komatipoort Akademie se twee huisspanne, Blou en Geel, het soos oudergewoonte gewedywer om tydens die interhuisbyeekoms verlede Vrydagoggend die meeste punte bymekaar te maak.
Die dirigente se opkoms was weer eens ‘n hoogtepunt met ‘n ambulans, motorfietse en ‘n safari-voertuig wat ingespan is om die uitbundige groepe dirigente op prettige en dramatiese wyse na die paviljoen te vervoer.
Die groep matrieks het in snaakse uitrustings soos tutu’s en met gesigverf deelgeneem om hulle laaste jaar op skool te gedenk.
Spanne het daarna die skoolgrond met krete laat weergalm, voordat die atlete die hitte en son op die veld moes trotseer.
Die graad agts in hul helder-geel Skiwwie-hempies was duidelik regoor die veld te sien waar hulle onderwysers by die onderskeie punte moes help.
Leerlinge het met puik gees vriende aangemoedig om items te voltooi en saam oor oorwinnings gejuig.
Die wenners van elke item het medaljes ontvang en is deur na die subkring-atletiekbyeenkoms wat vanoggend by die skool plaasgevind het.
Die dag se top presteerders was:
Laerskool
Junior:
Victor Ludorum – Regardt Small
Victrix Ludorum – Noncebo Masilela
Senior:
Victor Ludorum- Adriaan du Plessis
Victrix Ludorum- Danelle van Heerden
Hoërskool
Junior:
Victor Ludorum- Koos Heymans
Victrix Ludorum- Charlese van Staden
Senior:
Victor Ludorum- Dieter Diedericks
Victrix Ludorum- Zarlia Engelbrecht
Klik hier om na meer foto’s te kyk.











