Local sportSport

Lydens-gees steel die kollig by hul interhuis

Die Potgieters het verlede week by Hoërskool Lydenburg se jaarlikse interhuis met die twee ander spanne, die Trichardts en Retiefs afgereken en met die wenbeker in die hand weggestap.

Die span se dirigente is ook vir hulle entoesiasme en geesdrif as die beste dirigente aangewys, terwyl die Retiefs met die sangbeker beloon is.

Die Trichardts is benoem as die span wat met hulle aankoms die meeste beïndruk het.

ALSO READ:FOTO’S: Interhoër 2018 – Hoërskool Lydenburg

Die Potgieters het 921 punte aangeteken met die Retiefs (808 punte) in die tweede plek en die Trichardts derde met 797 punte. Drie rekords is by die byeenkoms verbeter.

 

 

 

Zandré Nieuwoudt het die gewigstoot vir seuns o/19 van 14,36 m na 14,67 m verbeter. Larischa Kelly verbeter die 300 m-hekkies vir dogters o/14 van 53,80 na 52,28 en Kobus Nel die 200 m vir seuns o/19 van 22,90 na 22,82.

 

 

Die junior victor en victrix ludorum vir die byeenkoms was onderskeidelik Reinhart Wolmerans en Larisca Kelly.

Kobus Nel en Hanke van den Berg ontvang die trofeë vir die senior victor en victrix ludorum.

 

Die beste prestasie van die dag is deur Matiko Lerutla gelewer toe hy ‘n hoogte van 1,86 m in die hoogspring behaal het en daarmee 896 ASA-punte verdien het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button