Local sportSport

Atlete haal alles uit vir plek in Mpumalanga-span

Die beamptes was opgewonde oor die uitstekende talent wat bespeur is.

In die aanloop tot vanjaar se Mpumalanga-skolebyeenkoms, het laerskole in die Mbombela-kring, Dinsdag by Laerskool Nelspruit mekaar die stryd aangesê.

Dit was ook die eerste kans vir atlete wat mik na ‘n plek in die Mpumalanga-span wat later vanjaar aan die SA Skolebyeenkoms gaan deelneem.

Geen rekords word op die dag gehou nie en atlete se kans om die provinsiale span te haal, wat in die verlede deur die interlaer byeenkoms bepaal is, word nou ook hier bepaal.

Die beamptes was opgewonde oor die uitstekende talent wat bespeur is. Hulle het tog genoem dat dit hartseer was dat baie atlete nie die nodige ondersteuning en afrigting kry nie. ‘n Groot aantal skole beskik nie oor voldoende fasiliteite of afrigters om die kinders se talent te ontgin en ontwikkel nie.

Laerskool Nelspruit het met groot sukses gasheer vir die byeenkoms gespeel en het ook op die baan en veld geskitter.

Hulle het in totaal 25 eerste plekke ingepalm, gevolg deur Curro Nelspruit se nege, Laerskool Laeveld se sewe, drie deur Nelsville, twee deur Valencia en Bergland onderskeidelik en een deur Nelspruit Primary.

Die item wat beslis vir die meeste opwinding gesorg het, was die naellope waar onder andere Nelspruit se Ninke Mosterd (o/12) in die 100 en 150 meter in onderskeidelik 13,46 en 21,40 die wenstreep oorgesteek het.

Curro se Mariam Mashood was een van die skool se uitblinkers. Sy het die 200 en 100 m (o/13), in ‘n blitsvinnige 13,19 en 29,08 onderkeidelik voltooi.

Knip jou oë en jy het gemis hoe Bergland se Rhandzu Mkhabela en Laeveld se Banele Sithole, in skouspelagtige styl mekaar die stryd in die 80 meter aansê. Banele is naelskraaps eerste oor die wenstreep in ‘n tyd van 11,19.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button