Local sportSport

Bergland se vinnige voete wys hulle staal

Bergland het nagenoeg 10 goue medaljes ingepalm.

Op die oog af sonder veel inspanning en moeite het Chenade Botma van Laerskool Bergland die afgelope naweek die skool se naam hoog gehou met die titel as junior victrix ludorum.

In die 60 m- en 80 m-items het sy in spogtye van onderskiedelik 09,19 sek. en 12,38 die titel verower. Maar Mmopha Seakamela van Witrivier het dit egter glad nie vir haar maklik gemaak nie en was deurentyd op haar hakke. Tog het Chenade op die dag op al agt silinders gevuur en albei kere onder haar uitgetrek.

Sy was een van nagenoeg 10 atlete wat op die dag goue medaljes kon inpalm. Mathys Stoltz, Menzi Shiba en KC Nel het elke twee medaljes verower.

Mathys, die o/7-spoedvraat, het in onderskeidelike tye van 9,94 sek. en 13,12, die 60 m- en 80 m-naellope kafgedraf.
Menzi (o/11) het beide op die veld en baan, naam gemaak toe hy in die 70 m-hekkies in 12,71 sek. oor die wenstreep bars, en ‘n aftsand van 4,19 m ver spring.

Bergies gee hul alles by die Laeveld interlaer 2019

KC (o/12) het die o/12 100 m-naellope in 13,37 sek. gewen en in die proses 766 punte ingepalm. Hiér, asook in die 150 m-naellope, het Wihan Lambrecht in sy nek geblaas, maar KC was beide male ongeveer 0,40 sek. vinniger.
Dit was ‘n heel ander storie met Banele Sithole van Laeveld, wat ‘n haarbreedte agter Steyn Lambrecht geëindig het in ‘n tyd 11,62 sek. Steyn wen egter hierdie wedloop in ‘n tyd van 11,60 sek.

Bethany Nell is met ‘n goue medalje en 800 ASA-punte beloon toe sy ‘n afstand van 3,67 m in die o/10-verspringitem bereik. In die o/13-verspring het Melindie van Rensburg met die louere weggestap, met ‘n afstand van 4,10 m. Liam Geldenhuis was ook die koning van die sandpit wat die o/12-seuns betref, met sy afstand van 4,61 m en 858 punte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button