Local sportSport

Ses goue medaljes vir Laerskool Laeveld

Saam met Banele Sithole wat as die beste baanatleet aangewys is, het die skool ses goue medaljes ingepalm.

Laerskool Laeveld, die aanbieder van die 37ste Hi-Tech Interlaerbyeenkoms, het alles behalwe teruggestaan.

Saam met Banele Sithole wat as die beste baanatleet aangewys is, het die skool ses goue medaljes ingepalm.

Banele (o/10) het die 100 m-naellope in ‘n blitsige 14,19 sek. kafegedraf en in die proses 820 ASA-punte ingesamel.

ALSO READ:FOTO’S: Laerskool Laeveld in aksie by Hi-Tech Interlaer

Hy het naelskraaps uitgemis op nog ‘n goue medalje toe hy met ‘n skamele 0,02 sek. teen Steyn Lambrecht van Bergland die spit afbyt.

 

Banele is in dié item, die o/10 80 m-naellope, in 11,62 sek. ‘n rapsie agter Steyn oor die wenstreep.

In die o/10-verspringitem was daar ‘n reusegeveg vir die eerste plek tussen Laeveld se Dian Boucher en Randzu Mkhabela van Bergland, maar teen einde laas het dié atlete dieselfde afstand gespring en beide is met goue medaljes beloon.

 

Dian het ook ‘n eerste plek in die o/10-hoogspring in die sak gedruk, toe hy ‘n hoogte van 1,16 m bereik – 767 ASA-punte.

ALSO READ:Laeveld gereed vir interlaer

In waarskynlik dié senutergendste wedloop van die byeenkoms, het Stefan Coetzee net-net teen Hendré Venter in die stof gebyt. Slegs 0,15 sek. het die twee atlete van mekaar geskei en ondanks ‘n deseprate poging is Hendré van Barberton eerste oor die wenstreep.

 

Veelsydige baan- en veldatleet Ruan de Beer was oral te siene, maar in die verspring vir seuns o/13 kon hy sy enigste eerste plek vir die dag inpalm.

Hy het 811 punte verdien toe hy 4,78 m ver spring. Hy het ook tweede plekke in die o/13 200 m- en die 80 m-hekkies behaal, waar Witrivier se Callum van Staden naelskraaps gewen het en ‘n tweede plek in die 200 m-naellope verwerf het.

 

Khaya Mashaba was een van die min atlete wat vir Jessica Badenhorst van Nellies kon onttroon. Sy het 80 m in haar ouderdomsgroep, o/8, in 12,79 sek. voltooi – net 0,2 voor Jessica.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button