Local sportSport

Witrivier se staamakers sorg vir medaljes

Laerskool Witrivier het Saterdag die beste middelafstandatleet, die junior victor ludorum én beste hekkiesatleet tydens die interlaer opgelewer.

Laerskool Witrivier het Saterdag die beste middelafstandatleet, die junior victor ludorum én beste hekkiesatleet tydens die interlaer opgelewer.

FOTO’S: Witrivier druk hulle stempel af by Hi-Tech Interlaer
Dit is te danke aan staatmakers soos Callum van Staden, Mardus Hatting en Mphati Dlamini.
Dit was deurentyd ‘n onvermoeibare geveg tussen die o/13-naellopers Callum van Witrivier en Ruan de Beer van Laeveld, maar telkens was eersgenoemde ‘n fraksie van ‘n sekonde vroeër oor die wenstreep na ‘n skouspel van naellope en hekkies.
Hy is daarom as beste hekkiesastleet vir die dag aangewys, nadat hy die 200 m-hekkies in 30,15 voltooi en die 80 m-hekkies in 12,41. Nie net op die baan het hy sy deel gedoen nie, maar ook op die veld. Hy het 793 ASA-punte ingesamel toe hy ‘n hoogte van 1,42 m in die o/13-hoogspring behaal het, en stap ook hier met 793 punte weg.
Mardus (o/10) is as die dag se beste middelafstandatleet aangewys na hy die 1 200 m in 04:04,28 voltooi het. Hy samel in die proses 725 ASA-punte in.

Mphathi Dlamini het met die titel as junior victor ludorum weggestap toe hy in die 60 m- en 80 m-naellope, skoonskip maak. Hy het die 80 m in 11,72 voltooi – meer as ‘n halwe minuut voor die naaswenner Alli Lateef van Nelspruit Primary se tyd van 12,31 sek. Hy het die 60 m in 08,82 sek. voltooi en die in die proses verpletter hy die 60 m-rekord van 08,87, wat in 2015 opgestel is.

Nog vier goue medaljes deur Lian Antunes, Mabutfo Pilson, Tebogo Lushaba en Aiden van Heerden is ingepalm.
Lian het die o/11, 1 200 m-middelaftsanditem oortuigend met 4:04,59 gewen en 680 ASA-punte ingesamel.
Mabutfo het die 60 m-naellope vir o/8’s, 0,06 sek. vinniger as die naaswenner, Damion Stuach voltooi, en samel 585 punte in (09,31).
Tebogo het stof in die o/13, 100 m-naellopers se oë geskop in ‘n tyd van 13,71 sek.
Laastens het Aiden (o/10), ‘n 2 kg-gewig ‘n yslike 8,86 m ver gestoot en 616 punte in die proses verdien.

Lees alles en meer oor die Mediclinic Nelspruit Interhoër

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button