A-Bond glip deur NHS se vingers
Beserings aan en ongesteldheid by van NHS se sleutelatlete, het hulle waarskynlik hulle plek gekos.

Ashley Erasmus het onlangs die Laeveld se naam hoog gehou toe sy as junior victrix ludorum by die jaarlikse Superinterhoër aangewys is.
Hoewel die wind bo die toegelate sterkte was en ‘n rekord dus nie verbeter kon word nie, het Rhodé Nel (o/16) steeds daarin slaag om in ‘n skittertyd van 11.92 sek. in die 100 m, en 24,57 sek. in die 200 m oor die wenstreep te nael. Sy was egter tweede in die kompetisie om die senior victrix en die feit dat sy nie aan die 400 m kon deelneem nie, het haar sekerlik die wennersposisie gekos.
Ashley het haar staal in die gewigstoot en skyfwerp gewys, en het met ‘n afstand van 14,28 m (gewigstoot ) en 38,43 m (skyfwerp), welverdiend met die titel junior victrix ludorum weggestap.
NHS se kanse om volgende jaar weer in die A-bond deel te neem, lê egter aan skerwe. Met die aanbreek van die aflosse, was die Nellies net 25 punte agter Zwartkop, maar hulle kon net nie daarin slaag om die stadsjapies in te haal nie. Beserings aan en ongesteldheid by van NHS se sleutelatlete, het hulle waarskynlik hulle plek gekos.
Die skool se skakelbeampte Janine Cronje het vertel dat dit nooit maklik is om met sewe van die Noordvaal se voorste atletiekskole (A-bond) kragte te meet nie. Met die uitsondering van Menlopark se span, was die room van Gauteng se atlete by die jaarlikse NWU Superinterhoër, wat onlangs in die pragtige Ruimsigstadion (Roodepoort) plaasgevind het. Nelspruit se seuns klop Zwartkop met 257-226, en die meisies slaag daarin om met 249-229 met Garsfontein af te reken. Maar toe die finale (gesamentlike) eindtotale bekend gemaak is, was dit Zwartkop (535) wat hul A-status behou, terwyl NHS (506) in 2020 in die B-bond sal meeding. Die algehele wenners van die A-bond is vanjaar Helpmekaar College, met Prestige College tweede en Waterkloof in die derde plek.
Die Nellies het met ‘n sak vol medaljes huiswaarts gekeer, wat duidelik bewys dat daar enduit geveg is.
Goud (eerste plekke) ABSA-punte bo 800 word aangedui.
• Douw Kruger (o/17): gewigstoot – 18,94 m
(1 113)
Zander van der Merwe (o/17): spiesgooi – 65,86 m (950)
• Jaytee Boers (o/19): 800m – 1:54,85 (931)
• Rhodé Nel (o/16): 100 m – 11,92 sek. (1 045); ook 200 m – 24,57 sek. (1 016). In beide wedlope was die wind ongelukkig bo die toelaatbare sterkte (vir rekord-doeleindes)
• Nicci Viljoen (o/16): 40 0m-hekkies – 65,40 sek. (847)
• Ashley Erasmus (o/14): gewigstoot – 14,28m (1101); ook skyfwerp – 38,43 m (1271).
Silwer (tweedeplekke)
Andreas van Heerden (s.19): 3000 m – 9:13.40
Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 53,67 m (958)
Shanese de Clerck (m.14): verspring – 5,17 m (962)
Lané Taljaard (m.16): hoogspring – 1,55 m (853)
Brons (derdeplekke)
Hannes Botha (s.15): spiesgooi – 50,12 m
Devon Nell (s.19): 400 m-hekkies – 55.18 sek. (804)
Ewan Nieuwoudt (s.16): 400 m-hekkies – 57.76 sek.
Karl Erichsen (s.14): spiesgooi – 43,80 m
Handré vd Merwe (s.15): 300 m-hekkies – 40.41 sek. (859)
Conrad Grobbelaar (s.17): 800 m – 1:59.67 (929)
Charles Nel (s.14): 100 m-hekkies – 13.98 sek. (1014)
Neil Henning (s.19): spiesgooi – 53,95 m
Tagan Louw (m.17): driesprong – 10,38 m
Nicci Viljoen (m.16): 100 m-hekkies – 15.03 sek. (881)
Al kon hulle nie onder die eerste drie plekke eindig nie, het die volgende atlete ook met 800+ punte, stewige vertonings gelewer:
Jade Swanepoel (s.16): hoogspring – 1,80 m (849)
Charles Nel (s.14): 300 m-hekkies – 42.39 sek. (829)
Lourens Potgieter (s.17): 100 m – 10.90 sek. (930)
Andreas Fouché (s.15): skyfwerp – 44,87 m (867)
Frederick Nel (s.16): gewigstoot – 14,34 m (817)
Luthando Mabuza (s.16): 800 m – 2:04.04 (887)
Marco Capazorio (s.15): 100 m-hekkies – 14.33 sek. (833)
Karl Erichsen (s.14): skyfwerp – 37,29 m (821)
Philip Vogel (s.15): hoogspring – 1,65 m (823)
Handré vd Merwe (s.15): 100 m – 11.90 sek. (819); ook 200 m – 23.97 sek. (821)
Ruan Pretorius (s.14): hoogspring – 1,55 m (822)
Henko de Nysschen (s.17): 400 m – 50.67 sek. (851)
Hugo Smit (s.14): verspring – 5,30 m (881)
Aflos seuns 15 – 46.84 sek. (860)
Aflos seuns 16 – 46.20 sek. (809)
Aflos seuns 17 – 44.31 sek. (840)
Aflos seuns 19 – 42.72 sek. (821) *Nellie-rekord, was 42.88 sek.
Lize Oosthuizen (m.14): spiesgooi – 31,83 m (869)
Lallie Grobler (m.15): 300 m hekkies – 47.10 sek. (812)
Kristen Berry (m.14): 800 m – 2:23.35 (953)
Shanese de Clerck (m.14): hoogspring – 1,40 m (806); ook 100 m – 13.16 sek. (854)
Aflos meisies 14 – 52.58 sek. (849)
Aflos meisies 15 – 51.69 sek. (839)
Met ‘n byeenkoms van hierdie standaard en omvang, moet gewis ook erkenning aan ander blink uitslae gegee word. Dit sluit in:
Nico Liversage (s.17): 110 m-hekkies – 15.79 sek.
Devon Nell (s.19): 110 m-hekkies – 15.68 sek.
Ewan Nieuwoudt (s.16): 110 m-hekkies – 15.58 sek.
Philip Vogel (s.15): gewigstoot – 13,55 m
Martin Mtetwa (s.19): driesprong – 12,67 m
Kian Mouton (s.14): 1500 m – 4:45.00
Zanelle Moller (m.19): 400 m-hekkies – 68.99 sek.
Tayla Kotzee (m.17): 100 m-hekkies – 15.97 sek.; ook 400 m-hekkies – 71.55 sek.
Anya Venter (m.15): skyfwerp – 29,17 m
Mia Steenkamp (m.14): 300 m hekkies – 48.95 sek.
Suzaan Nel (m.17): 100 m – 12.76 sek.; ook 200 m – 26.70 sek.; en 400 m – 60.87 sek.
Jessica Berry (m.19): 800 m – 2:26.18
Cherise van Duyker (m.19): 100 m-hekkies – 16.94 sek.
Shana Scott (m.16): skyfwerp – 31,99 m
Anri Spruyt (m.14): 400 m – 63.38 sek.
Nicola Cronjé (m.19): 400 m – 61.57 sek.
