Local sportSport

Daar wink ‘n blink toekoms vir jong tennisspelers

Die Laeveld Tennis-vereniging het die naweek hulle geslote toernooi vir voornemende o/10-spelers by Matumi Gholf-landgoed aangebied.

Dit was die tweede rooi- en oranje-bal-toernooi vir die 2019/2020-seisoen.

Die hittegolf ten spyt het die jong spelers hul baie goed van hulle taak gekwyt.

Panorama Tennisklub het die byeenkoms aangebied en daar was 12 rooibal- en nege oranjebalspelers.
“Die rooibalkompetisie is op ‘n kleiner baan gespeel met behulp van groter, sagter rooi balle, waartydens jonger spelers die geleentheid gehad het om van ‘n jonger ouderdom mededingende tennis te geniet.

LEES OOK: Antoni Theron vorder met rasse skrede

Die oranjebal-kompetisie het ook sagter balle gebruik, maar is van die begin af gespeel. Beide die rooi en oranje dele is in ‘n rondomtalie-formaat gespeel. Nadat die groepfases afgehandel is, was daar ‘n uitspeelrondte om finale posisies te bepaal,” het Eckhardt van der Linde verduidelik.

Hy was opgewonde dat daar baie nuwe gesigte tydens die toernooi was, waaronder 13 kinders van die Laerskool Maphakama in KaBokweni. “Alhoewel dit hul eerste toernooi-ervaring was, het die jong mense dit vinnig reggekry en teen die einde van die oggend is nuwe vriendskappe gesmee en ‘n liefde vir tennis gevestig.”

LEES OOK: Brilliant tennis players not deterred by intense heat

In die rooibal-afdeling het Isabella Eybers van Curro eerste geëindig en Khensane Dladla van Maphakama tweede geëindig. In die oranjebal-kompetisie eindig Alex Matthee van Laerskool Malalane eerste en Milan van Heerden van Laerskool Nelspruit tweede gekom.

“Laeveld Tennis wil al die spelers gelukwens dat hulle hul beste gelewer het ondanks die hitte. Dit was wonderlik om so ‘n gees van aanmoediging en gesonde kompetisie te sien,” het Van der Linde gesê.

“Spesiale dank aan Wiseman Nkambule van die Laerskool Maphakama vir die saambring van sy spelers, ons sien uit daarna om hulle weer in die toekoms te sien.”

Die volgende Laeveld Geslote Toernooi is 21 en 22 Februarie, met die rooi en oranje afdelings wat op Saterdag 22 Februarie gespeel word. Kontak Eline Visagie op admin@lowveldtennis.co.za om in te skryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button