FOTO’S: Bergland se atlete wys hulle staal by top 4
Die oogmerk van hierdie skouspel van talent was om die room van die skool se atlete te identifiseer.

Vir Laerskool Bergland se atlete was verlede Maandag die ideale geleentheid om hulle staal op die atletiekbaan te wys.
Die oogmerk van hierdie skouspel van talent, wat as die top-4 byeenkoms bekendstaan, was om die room van die skool se atlete te identifiseer. Diegene het Vrydag by Nelspruit Primary se vrienskaplike byeenkoms hulle skool verteenwoordig. Vier atlete, tesame met een reserwe van elke item, het na hierdie byeenkoms deurgedring.
Lees ook: Laerskool Laeveld hou atletiek vir die kleintjies
Opgewonde ouers het hulle met oortuiging toegejuig soos hulle aan verskeie velditems soos gewigstoot, verspring en hoogspring, deelgeneem het, en natuurlik het die naellope vir groot opwinding gesorg. Meer besonderhede oor Nelspruit Primary se byeenkoms sal in Vrydag se Laevelder verskyn.




