Local sportSport

Geen rekord kan Nellies se Vaughn van Zyl afskrik nie

Hy en beide sy ouer broers, Chyle en Quinn, het ook al vir die junior Pumas uitgedraf en is allesdoeners.

Frans Schutte was ‘n fenominale atleet en nasionale rekordhouer in die o/10-, o/11-, o/12- en o/13-gewigstoot.

Hy het ál die interhuisgewigstootrekords by Laerskool Nelspruit gehou en niemand het gedink sy rekords sal ooit verbeter word nie. Maar Vaughn van Zyl het hulle almal jaar na jaar laat spaander en in 2020 het die laaste van Frans se laerskoolgewigstootrekords gespat na
14 jaar.

Vaughn het Frans se gewigstootrekord met ‘n volle 66 cm verbeter. Hy is ‘n kranige sportman van Laerskool Nelspruit.

Laevelder het al voorheen berig oor Vaughn. Hy en beide sy ouer broers, Chyle en Quinn, het ook al vir die junior Pumas uitgedraf en is allesdoeners.

Lees meer hier: Die sportsterre is enige pa se trots

Dit is Vaughn se pa Werner wat ‘n groot liefde en passie vir sport by sy seuns kweek. Hy glo tog dat hulle ywerige deelname nie net op prestasie geskoei moet wees nie, maar ook vir hulle groot plesier moet verskaf.
Saam rig hy en sy twee ander seuns Vaughn af, en hy reken dat alle krediet hulle moet toekom.

Vaughn se talent is te danke aan hulle ontgin.” In sy eerste jaar van gewigstoot as o/10-atleet het hy by die SA’s gewen,” sê ‘n trotse, maar beskeie Werner. Vaughn moes met ‘n tweede plek by die Mussas in Secunda tevrede wees met ‘n afstand van 09,93 m. Hy het egter sy beste vir laaste gelos en met ‘n reusegooi van 11,40 m die goue medalje om sy nek gehang. Met ‘n 4 kg-gewig het hy Saterdag 12,89 m gegooi. “Wat my as pa nog trotser maak, is dat hy die afgelope drie jaar Frans se rekords laat spat het,” het hy vertel.

Lees ook: SA se gewigstootheld is van die Laeveld

Frans het egter volgens Werner ‘n “monster” in die hoërskool geword. Hy het tydens 2007 se interhoër, die gewig op 15,5 m laat grondvat. Dit is een van sewe interhoërvelditemrekords wat Frans steeds hou. “Dit is ‘n reuse-afstand, maar Vaughn is geneig om alle verwagtinge te oortref. Enigiets is moontlik,” het hy vertel.

Vaughn het verlede jaar tydens die interlaer Frans se rekord met meer as ‘n meter verbeter. Vian Louw verbeter toe egter Saterdag Vaughn se rekord met 10 cm. Dit bewys dat alles moontlik is en dat ons nog nie die laaste van Vaughn, of Vian, gesien het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button