Local sportSport

NHS veg enduit by Superinterhoër

Vier individuele trofeë was op die spel, en die Nellies het twee van hulle huis toe gebring.

Die jaarlikse NWU Superinterhoër wat vanjaar in die Ruimsig-stadion plaasgevind het sal, wat die B-bond betref, onthou word as ‘n byeenkoms wat die senuwees meer as net deeglik beproef het.

Die agt mededingende spanne het mekaar met mag en mening getakel, en die punteverskil tussen die top ses skole in die bond was tot en met die finale aflositems nog kop-aan-kop gewees. Marais Viljoen (503) en Rustenburg (585) kon uiteindelik nie die pas volhou nie. Al kon Kemptonpark se seuns (tweede met 344 punte) in meisies (ook tweede met 362 punte) nie hul afdelings wen nie, het hulle met ‘n gesamentlike totaal van 706 met die louere weggestap.

Hulle is gevolg deur Potchefstroom Gimnasium (687) en Randburg (661). Slegs twee punte na Randburg, was NHS met 659, net drie punte voor Klerksdorp (656). Montana (644) was in die sesde plek. Die seuns van Klerksdorp en meisies van Randburg het bo-aan hulle afdelings geëindig.

Vier individuele trofeë was op die spel, en die Nellies het twee van hulle huis toe gebring. Dit was te danke aan worpe-atlete, Douw Kruger (senior victor ludorum) en Ashley Erasmus (junior victrix ludorum), wat hierdie onderskeidings behaal het.

Twee Nellie-rekords het in die slag gebly. Handré van der Merwe (seuns 16) het Juandré van Duyker se 2013-rekord in die 110 m-hekkies (14,35) na ‘n puik 14,30 sek. verbeter. NHS se kookwater aflosspan vir meisies 17 het met ‘n baie goeie tyd van 49,59 die bestaande rekord van 49,98 uit die boeke gevee. Die span bestaan uit Rhodé Nel, Nicci Viljoen, Jana Engelbrecht en Nicolize Aucamp.

Vir enige atleet is ‘n medalje by die Superinterhoër ‘n uiters gesogte besitting. Die atlete rig nou hulle visier op vanjaar se SA-skole en ASA-kampioenskappe.

Die volgende atlete het goud ingepalm met punte bo 800 (ASA-tabel word telkens aangetoon):

Seuns (goud):

• Douw Kruger (seuns 19): gewigstoot – 17,50 m (920); ook skyfwerp – 50,82 m (919)
• Wikus van Biljon (seuns 16): 400 m – 51,18 (814)
• Alexandré Viljoen (seuns 16): 800 m – 2:05,23
• Marvin Mthethwa (seuns 19):
110 m-hekkies – 14,59 (850)
• Handré van der Merwe (seuns 16): 400 m-hekkies – 56,27
• Ruan Pretorius (seuns 15): hoogspring – 1,70 m

Meisies (goud):

• Ashley Erasmus (meisies 15): gewigstoot – 16,47 m (1 018); ook skyfwerp – 44,49 m (999)
• Rhodé Nel (meisies 17): 200 m – 24,95 (905)
• Nicci Viljoen (meisies 17): 400 m – 60,11 (832)
• Livy Owen (meisies 15): verspring – 4,93 m
• Aflosspan, meisies 17: 49,59.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button