Local sportSport

Pumas en Stormers maak hulle spanne vir Vrydagaand se kragmeting in Mbombela bekend

Die Phakisa Pumas, wat dikwels as die buiteperd gesien word, kom op tuisfront teen die DHL Stormers om 19:00 te staan.

Na ‘n onverskrokke Phakisa Pumas-span die afgelope naweek op Tafel Lager Park met ‘n 27-21-oorwinning weggestap het, is die tafel gedek vir ‘n storm wat na verwagting Vrydagaand in Mbombela gaan losbars.

Dit wanneer dié span, wat dikwels as die buiteperd gesien word, op tuisfront teen die DHL Stormers om 19:00 te staan kom.

*Geen toeskouers word toegelaat nie

Die Stormers lê tans derde op die punteleer nadat hulle die afgelope naweek in hul eerste Super Rugby Unlocked-wedstryd, ‘n twyfelagtige oorwinning oor die Leeus behaal het. Die Pumas lê vyfde na gemengde welslae in hul eerste twee wedstryde.

Die Mbombela-span se verdediging was rotsvas in hulle westryd teen die Griekwas in Kimberley, en goeie lynstaanwerk het telkemale omgekeerde besit bewerkstellig – in teenstelling met hulle vertoning teen die Toyota Free State Cheetahs.

LEES MEER: Phakisa Pumas troef Griquas in Kimberley

Hoofbreier Jimmy Stonehouse het gesê dat hy tevrede is met sy span se vertoning, maar dat hulle hard sal moet werk aan hulle vaste fasette wanneer hulle teen ‘n ervare Stormers-span te staan kom.

“Ons het die Griekwas te veel kanse gegee om terug te kom in die wedstryd. Ons sal dit glad nie met die Stormers kan bekostig nie, veral nie teen ‘n span vol Springbok-spelers nie. Ons weet wat vir ons voorlê en daarom moet ons dit wat ons doen, reg doen. Ons grootste uitdaging gaan in ons voorry lê. Maar ons is goed voorbereid en hoop om met ‘n oorwinning weg te stap,” het Stonehouse gesê.

Só lyk die spanne:

Phakisa Pumas
1. Morgan Naude
2. AJ Le Roux
3. Ruan Kramer
4. Darrien Landsberg
5. Pieter Jansen van Vuren (kaptein)
6. Francois Kleinhans
7. Willie Engelbrecht
8. Jeandre Rudolph
9. Ginter Smuts
10. Eddie Fouche
11. Etienne Taljaard
12. Wayne van der Bank
13. Erich Cronje
14. Neil Maritz
15. Devon Williams.

Plaasvervangers

16. Simon Westraadt
17. Liam Hendriks
18. Heath Backhouse
19. Phumzile Maqondwana
20. Dian Badenhorst
21. Niel Marais
22. Ali Mgijima
23. Ignatius Prinsloo.

Herschel Jantjies tydens die Stormers se oefensessie by Mbombela Stadion. Foto: Stefan de Villiers.

DHL Stormers
1. Leon Lyons
2. Bongi Mbonambi
3. Frans Malherbe
4. Salmaan Moerat
5. Chris van Zyl
6. Siya Kolisi (kaptein)
7. Ernst van Rhyn
8. Juarno Augustus
9. Herschel Jantjies
10. Damian Willemse
11. Leolin Zas
12. Rikus Pretorius
13. Dan du Plessis
14. Edwill van der Merwe
15. Warrick Gelant.

Plaasvervangers

16. Tristan Ley
17. Tim Swiel
18. Michal Hazner
19. Godlen Masimla
20. Jaco Coetzee
21. Nama Xaba
22. JD Schickerling
23. Neethling Fouche
24. Kwenzo Blose
25. Chad Solomon.      

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button