Local sportSport

Peugeot Pirates algehele wenners van NHS Westvaal T20-krieketbeker

Die wenner in dié interne reeks is volgens 'n gekombineerde puntetabel bepaal.

Die interne NHS Westvaal T20-krieketbeker het onlangs kookpunt bereik toe die vier betrokke spanne op 23 en 24 Maart in die laaste wedstryde kragte gemeet het.

Die wenner in dié interne reeks is volgens ‘n gekombineerde puntetabel bepaal. Die eerste eindstryd tussen die Isuzu Impis en Opel Oryx het in ‘n oorwinning vir eersgenoemde geëindig toe hulle 106 lopies vir nege aangeteken het. Oryx het 73 lopies aangeteken, almal uit; dus stap die Impis met ‘n 33 lopie-wen weg. Die beste kolwer was Vaughn van Zyl met 23 lopies en die beste bouler Kobus Steyn met vier paaltjies geneem en 17 lopies afgestaan in drie beurte.

 

Christo Nel, kaptein van die Citroën Cyclones.

Die volgende dag het die Peugeot Pirates en die Citroën Cyclones sake op die veld uitgespook. Eersgenoemde het met 73 lopies geseëvier na 154/5.
Die Cyclones is vir slegs 81 lopies uitgeboul.

Die Pirates se beste kolwer was Hannes Feuth met 43 lopies van 18 balle, en hulle beste bouler was Ruvan Joubert wat vyf paaltjies geneem het en slegs agt afgestaan het in vier beurte.
Na afloop van die laaste wedstryd is die puntetabel opgedateer en is die bogemoemde toekennings gemaak.

ALSO READ: Pumas fightback not enough

Die Peugeot Pirates met Hugo Coetser aan die stuur van sake en Morné van der Merwe het as die algehele wenners weggestap en die NHS Westvaal T20-krieketbeker omhoog gehou.

Beste kolwer van die toernooi
Jean Burger van Peugeot Pirates met 134 lopies in vier beurte.

Beste bouler van die toernooi
Ruvan Joubert van Peugeot Pirates met 11 paaltjies in 16 beurte vir slegs 54 lopies.

Foto’s: Hennie Homann/www.photoxpress.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button