Laerskole se sewestoernooi ‘n reusesukses
Father’s Ground is ‘n organisasie wat bestaan uit ‘n groep pa’s van Laerskool Witrivier.

Die jaarlikse Father’s Ground sewesrugbytoernooi is die afgelope naweek weer by Laerskool Witrivier aangebied.
Die toernooi, wat in 2015 vir die eerste keer aangebied is, het vanjaar vir die sewende keer plaasgevind.
Sewesrugbyspelers van 11 skole het op 28 en 29 Oktober op Laerskool Witrivier se rugbyvelde aangemeld.
Dertig o. 11-, o. 12- en o. 13-spanne van onderskeidelik Witrivier, Arborpark, Noordskool, Marble Hall, Krugerpark, Nelspruit, Mariepskop, Klipfontein, Steelpoort, Robert Carruthers en Tzaneen het vir twee dae in 87 wedstryde op die rugbyveld kragte gemeet.
Die wenners van die onderskeie afdelings is met goue, silwer en brons medaljes in elke ouderdom beloon, asook die man-van-die-westryd-trofee vir die beste speler en die span in elke ouderdomsgroep. SuperSport Schools het ook die westryde op die A-veld uitgesaai, en Adidas het ook
geskenkbewyse aan die uitspeelwedstryde se man van die wedstryd geskenk.
Die o. 11’s se goue medalje-wenners was Laerskool Noordskool. Laerskool Arborpark was die silwer medalje-wenners en Laerskool Witrivier die brons medalje-wenners.
In die o. 12-ouderdomsgroep het Laerskool Tzaneen die goue medalje gewen. Laerskool Noordskool en Laerskool Marble Hall het onderskeidelik silwer en brons verower.
Die o. 13’s se goue medalje-wenners was Laerskool Witrivier. Laerskool Tzaneen het die silwer medalje gewen, en Laerskool Arborpark van
Newcastle was die brons medalje-wenners.
Die span van Laerskool Witrivier het hierdie jaar al sy wedstryde gewen en het met hierdie oorwinning die toernooi gewen.
Die Father’s Ground is ‘n organisasie wat bestaan uit ‘n groep pa’s van Laerskool Witrivier. Hulle poog om deur fondsinsamelingsfunksies ekstra fondse te genereer om projekte te voltooi en sodoende die skoolfasiliteite te verbeter.
Father’s Ground bedank ook elke lid wat op watter wyse ook al gehelp het, en sien uit om die toernooi volgende jaar nog beter en groter te maak.

