Local sportSport

Die Rooikatte wen teen Malelane met 57-0

Die onderskeie rugbyklubs speel kookwater rugby hierdie seisoen.

Die wedstryd het op Lydenburg by Rooikatpark plaasgevind en die eindtelling was 57-0 in die Rooikatte se guns.
Die Ehlanzeni Laeveld Rugbyliga het op 22 April afgeskop en die laaste wedstryd van die seisoen sal eers teen Augustus gespeel word.

Die klubs wat aan die divisie 1-wedstryde deelneem, is die Laeveld Ratels (spelers van Steelpoort, Burgersfort en Ohrigstad), Hazyview, Matsulu, Malelane, KaMhlushwa, die Rooikatte en Komatipoort.

Xolisa Ngqandana beur vooruit met die bal onder sy arm.

Op 20 Mei speel die Laeveld Ratels teen die Rooikatte op Lydenburg. Hierdie twee plaaslike spanne is gedugte teenstanders en het mekaar die stryd vir verlede jaar se eindstryd aangesê.

Op 27 Mei speel die Ratels teen die span van Komatipoort op Steelpoort, en die Rooikatte speel teen Matsulu Rugbyklub op Lydenburg.
Toeskouers word aangemoedig om die wedstryde by te woon en die manne te ondersteun.

Ruan Reyneke in die lynstaan. > Foto’s: Jenise Colsby. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button