Hoërskool Lydenburg se o. 15-rugbyspan wen Noordvaal Rugby-kampioenskappe
Die o. 15's het 'n opspraak-wekkende rugbyseisoen agter die rug.

Die Noordvaal Rugby-kampioenskappe, een van die grootste skolerugbykragmetings van die jaar, het Saterdag by die Hoërskool Vryburg plaasgevind.
Toe Hoërskool Lydenburg se o. 15-rugbyspan die 11 uur tog per bus Vryburg toe aanpak, was hulle sielkundig en fisies reg om al hul energie in die wedstryd te werp. Die span het dan ook as die wenners teruggekeer.
Hulle het Hoërskool Hoogenhout in die eindstryd met 18-7 verslaan.
Die uitslag getuig van hierdie span se krag op die plaaslike skolerugbytoneel.
Ruan Pienaar is as die speler van die wedstryd aangewys. Alan Vos het met twee strafskoppe en ‘n doelskop punte aangeteken. Jason Palane en Ruan Pienaar het elk twee drieë gedruk.
Die span se hoofafrigter, Gerhard du Toit, en die hoof, Michael van der Merwe, het hul trots te kenne gegee.

Die span het bestaan uit: Hein Steyn (hulpafrigter), Reuben Dansey, Ethan Bell, GJ Maritz, Christiaan Grobler, Markus Pieterse, Jordon Harker, Ian Taylor, Seabi Ramodike, Quintin Hitge (LHS-personeel), Marius van Zyl (hulpafrigter), Juan Blignaut, Luan Potgieter, Luan Oosthuizen, Mauritz Stander, Ruan Pienaar, Isak Niemann, Brendan van Zyl, Janco de Vries, Gerhard du Toit (hoofafrigter), Kealeboga Ramushu, Charles Shaw, Alan Vos, Katishi Phetla, Sefiri Mashishi, Keagan Manser, Arinus le Roux, Kwena Seopa en Jason Phalane.
Die skool bedank graag die rugbyborge van die jaar: SMS Mining, Laeveld Agrochem en Morgan Nissan. Die volgende borge het die skool ook vir die afgelope naweek se finaal bygestaan: Zizwe, Laeveld Agrochem, Morgan Nissan, Phoenix Security en Samancor Eastern Chrome Mine.


