Sport
Mbombela se gimnaste is slaggereed vir die SA’s
Sestien dogter- en vyf seungimnaste van die Nelspruit Gimnastiekakademie is op pad om op nasionale vlak tydens die SA Gym Games in Oktober te gaan beïndruk.
Die Nelspruit Gimnastiekakademie (NGA) het weer eens by die onlangse Mpumalanga-gimnastiekkampioenskappe vroeër die maand in Mbombela uitgeblink.
Die groep, bestaande uit beide seuns en dogters wat onderskeidelik in vlak vier tot nege deelneem, het tydens hierdie provinsiale kompetisie hul beste voetjie voorgesit.
Een-en-twintig van die gimnaste het hul Mpumalanga-kleure verwerf en gaan nou mik om die klub se naam hoog te hou tydens die SA Gym Games wat van 2 tot 5 Oktober by die Matsportsentrum in Centurion plaasvind.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
