Sport

Mpumalanga-bergfiets haal uit en wys in Noordwes

Dié fietsryers het hulle staal gewys teen die grootskole van onder andere Gauteng en KwaZulu-Natal.

Aan die einde van September, vanaf 30 September tot 1 Oktober, het ses van Mpumalanga se topskole wat fietsry betref, die reis na Hoërskool Wagpos in Brits, Noordwes, aangepak om aan die finale ronde van die Cycle Lab Skole MTB-reeks deel te neem.

Hoërskool Secunda, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Lydenburg, HTS Middelburg, Hoërskool Piet Retief en Hoërskool Rob Ferreira se bergfietsspanne het hul fietse op ‘n waentjie gelaai om hul skole en Mpumalanga by die byeenkoms te verteenwoordig. Ander groot skole teen wie hulle sake moes uitspook, sluit onder andere Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Menlopark, Jeppe Boys High, Afrikaans Hoër Seunskool en Helpmekaar College in.

LEES OOK: Bergvlam se matrieks pronk op die rooi tapyt

Skole uit ‘n totaal van 11 provinsies, sowel as Namibië het aan die reeks deelgeneem.

Die finale ronde het op 30 September begin en is 1 Oktober afgehandel.

Saterdag het 92 skole die baan aangedurf.

Die Mpumalanga-span se fietsryers het puik individuele vertonings gehad en hul skole gehelp om die volgende uitslae te behaal:
• Hoërskool Nelspruit – 13de
• HTS Middelburg – 19de
• Hoërskool Piet Retief – 21ste
• Hoërskool Secunda – 24ste
• Hoërskool Lydenburg – 30ste
• Hoërskool Rob Ferreira – 33ste.

LEES OOK: Pumas fight back with venom to be crowned U21 Shield champs

Die volgende dag, die Sondag, het die fietsryers nie vir hulself en hul skole gery nie, maar om die provinsie se algehele posisie te bepaal.

Die ruiters het hulself weer eens uitstekend van hul taak gekwyt en Mpumlanga beëindig die reeks in die algehele vyfde plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button