Local sportSport

Nellie-rugbyspeler een van die land se bestes

Die kranige rugbyspeler is deel van ’n klein groep o. 17’s wat na die Elite-ontwikkelingskamp genooi is.

Vaughn van Zyl, ’n gr. 11-leerder van Hoërskool Nelspruit (NHS), is na die o. 17- Elite-ontwikkelingskamp, wat tussen 28 November en 5 Desember by Hoër Landbouskool Boland plaasvind, uitgenooi.

Hy is een van slegs 58 o. 17-rugbyspelers in Suid-Afrika wat gekies is om aan dié kamp deel te neem. By die kamp werk die spelers saam met toprugbyspesialiste in die gimnasium met krag en kondisionering, en ook veldsessies.

Vaughn het ’n uitstekende rugbyseisoen as agtsteman by NHS agter die rug en sal beslis baie lesse uit dié ervaring leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button