Local sportSport

Zander Groenewald vlieg onder wêreld se bestes

Alhoewel hy nie gewen het nie, was Zander steeds onder die beste vlieëniers ter wêreld.

Die jong voornemende vlieënier van Mbombela, 14-jarige Zander Groenewald, het met ’n sterk optrede by die FAI F3K Wêreldkampioenskappe, sy land trots gemaak.

Zander, wat tans in gr. 9 by Hoërskool Nelspruit is, het vanaf 26 Julie tot 2 Augustus in die DLG F3K-klas teen van die beste afstandvlieëniers van regoor die wêreld meegeding. Die kompetisie was ongelooflik straf oor die ses dae wat hulle deelgeneem het, maar dié jong Laevelder het homself meer as net goed van sy taak gekwyt.

LEES OOK: Zander Groenewald vlieg hoog na Duitsland

Zander Groenewald in aksie in Duitsland. > Foto: Verskaf/Alec Groenewald
Zander Groenewald in aksie in Duitsland. > Foto: Verskaf/Alec Groenewald

Tydens die ses dae van die kompetisie, het Zander ’n totaal van 18 ure gevlieg – ’n ervaring wat beide uitputtend maar goud werd was. Hy is aan die einde van die kampioenskappe vir sy moeite beloon deur algeheel 19de in die DLG F3K-klas te eindig. Deur sy deelname het Zander die eerste lid van die Lowveld Model Aircraft Association geword om aan die FAI F3K Wêreldkampioenskappe deel te neem.

Die Suid-Afrikaanse junior span, waarvan Zander ‘n lid is, se deelname was ’n groot rede tot feesvieringe. Hulle het ’n algehele derde plek verwerf en het gesorg dat die land se vlag hoog gevlieg word.

Zander Groenewald op die verhoog in Duitsland. > Foto: Verskaf/Alec Groenewald
Zander Groenewald op die verhoog in Duitsland. > Foto: Verskaf/Alec Groenewald

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button