Local sport
NHS leerder verteenwoordig SA in België
Jemma Barnard van Hoërskool Nelspruit maak reg om die Laeveld se naam hoog te hou.
Jemma Barnard, ’n leerder aan Hoërskool Nelspruit, is gekies om Suid-Afrika by die 2026 UCI Junior Baanfietsry-Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig.
Die kampioenskap vind van 19 tot 23 Augustus in Heusden-Zolder, België, plaas.
Jemma is deel van die junior vroue-baanfietsryspan en sal teen die wêreld se beste o. 19-baanfietsryers op Europa se nuutste velodroom meeding. Haar spanmaats is Hannie Vreken en Shanique Marx.

Die drie baanfietsryers sal hul vaardighede en uithouvermoë teen van die wêreld se beste jong fietsryers toets.
Hoërskool Nelspruit is ongelooflik trots op Jemma en wens haar alle sterkte toe vir dié besonderse geleentheid.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
