Local sportSport

Laeveldtak wys hul mees gesoute skuts aan

Die span van Geon Clark, Lynette Clark, Geonette Sauer en Albert Oberholzer het die jaarlikse SA Sport en Jagfederasie Mpumalanga Laeveldtak se uitdaagkompetisie oorheers. 

‘n Totaal van 28 skuts het aan onderskeidelik handwapen, jag- en haelgeweer deelgeneem, en die vrouens wat nie haelgeweer wou skiet nie, kon met ‘n veer- of gasgeweer hulle staal wys.

Die Lekker Lywe se Louise Human, Cecilia Botha, Alma Golding en Magda du Plessis het nie vir die manne teruggestaan nie en ‘n algehele vyfde plek verower.

Cecilia Botha in aksie.

“Ons het ‘n hele paar nuwe lede by die tak verwelkom en dit was die perfekte geleentheid om mekaar beter te leer ken. Dankie vir elke deelnemer se goeie gees en gesindheid. Ons maak binnekort weer so,” het die takvoorsitter Nico Human gesê.

Die SA Sport en Jagfederasie Mpumalanga Laeveldtak het verlede week hulle jaarlikse prysuitdeling by Kwanyoni Lodge gehad.

Human is as die mees veelsydige skut van die jaar, nadat hy aan 10 dissiplines tydens die nasionale kampioenskappe deelgeneem het, aangewys.

Klein NB Human (7) was die jongste deelnemer by die kampioenskappe. Die sewejarige het sy provinsiale baadjie verower. Dennie Taljaardt en sy vrou Daleen is as die sportman- en vrou van die jaar gekroon.

David Guthrie het ‘n spesiale toekenning vir sy voltal tydens die nasionale kampioenskappe ontvang.

Nóg trofeewenners
• Junior baansport – Armand van der Westhuizen
• Seniors, baansport – Geon en Lynette Clark
• Junior o/19-bokjag – Gerhard Taljaard
• Senior bokjag – Corne Taljaard
• Senior voëljag – Dennie Taljaardt.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button