Local sportSport

Verskoning aan AHMP: Die Skim praat oor…

Die skool ontken dat leerlinge ge"koop" word.

Laevelder het ‘n opiniestuk getiteld “Dis Skim praat oor” in die uitgawe van 9 November, 2018 op bladsy 43 gepubliseer.  Die aantyging is gemaak dat die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) leerlinge “koop.”

Die Perskode bepaal dat opiniestukke kommentaar moet lewer op feite wat waar is en dat alle partye wat in berig gewing geïmpliseer word die kans moet kry om kommentaar te lewer voor publikasie. Laevelder het versuim om die waarheid van die aantygings te bevestig. Laevelder het AHMP nie vir kommentaar genader nie. Die publikasie bied opreg verskoning aan.

AHMP het sedertdien ontken dat die skool leerlinge koop en aangedui dat dit teen die skool se gees en waardes indruis.

Oorspronklike teks:

Die Skim wou sê hy het lanklaas oor die swemsensasie (deesdae ‘n leerder aan Hoërskool Menlopark) Giano Dos Santos geskryf. Die 15-jarige is ‘n voormalige leerder van Hoërskool Nelspruit en was een van Nelspruit Swemakademie se puik presteerders.

‘n Hele paar plaaslike atlete het onlangs na NWU Pukke se top 30-byeenkoms opgeruk. Die Skim wil nou nie sy eie beuel blaas nie, maar teen die tyd ken Die Skim onse uitblinkers.

Item 52 dogters o/14, 300 m-hekkies, Anje Nel, eerste in ‘n tyd van 44,89. Skool? AHMA. Die Skim het dadelik snuf in die neus gekry. Kan dit reg wees? Want sover Die Skim se kennis strek is sy in NHS.

Item 256 dogters o/14, 90 m-hekkies, Anje Nel, tweede in ‘n tyd van 13,43. Skool? AHMA.

Die Skim het dadelik op die foon gespring, “Is Anje Affies toe? En wanneer?” Sowaar. Sy is aan die begin van die laaste kwartaal sak en pak soontoe. Item 35 seuns o/15, 300 m-hekkies, Van Reenen Kruger, eerste in ‘n tyd van 39,14. Skool? AHS… Ook ‘n voormalige leerder van NHS.

Die Skim is bewus van die hoofde van Laeveldse skole wat onderling verdeeld is oor die “koop” van mekaar se atlete. Dit lyk of ons skole by die ooreenkoms hou, maar dit kan egter nie van skole in Pretoria gesê word nie – hulle doen wat hulle wil.

Die Skim het bietjie rondgevra: hoe lyk die skole se begroting? Dit is glo nie noodwendig deel van die skool se begroting om self die volle beurs te betaal nie, maar dit wil voorkom dat sommige ouers sommer die geld uit hulle sakke uit betaal. Dit is ‘n groot tameletjie wat nie maklik opgelos gaan word nie.

Wie is volgende? En Die Skim moet eerlik wees – dis nie asof die Laeveld nie puik afrigters het nie.

* Anje Nel het vroeër vanjaar tydens die Mediclinic Nelspruit Interhoër ‘n 30-jaar oue rekord in hoogspring vir dogters o/14 verpletter.
* Die 15-jarige Van Reenen Kruger het vanjaar by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe ‘n silwermedalje in die 300 m-hekkies opgeraap.
* Giano Dos Santos het twee goue medaljes in onderskeidelik die 50 m-rugslag (30,49) en die 50 m-vlinderslag (28,09) by die interhoërswemgala. Dit was rekordtye.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button