Local sportSport
Kampioene gekweek by NSK
Nelspruit Stoeiklub (NSK) se jongeling, Bioné Kleynhans is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Suid-Afrika se topstoeier in die o/11-vrystylkategorie aangewys.
Die streeks- en Suid-Afrikaanse jeugkampioenskappe is verlede week in Kaapstad beslis.
NSK het vyf stoeiers na die nasionale kampioenskappe toe gestuur.
Stefan Kruger wat vroeër vanjaar tydens die Mpumalanga Stoeivereniging se kampioenskappe ‘n goue medalje vir o/11-vrystyl om sy nek gehang het, is in Kaapstad as SA se kampioen in die vrystyl gekroon.
NSK het nóg ‘n SA kampioen Samuel Odendaal opgelewer.
Die o/9-stoeier Louis Odendaal het ‘n bronsmedalje in die vrystylkategorie verwerf terwyl Triston Kleynhans net-net op ‘n derde plek in die Grieks-Romeins uitgemis het. Hy het ‘n verdere vyfde plek in vrystyl losgestoei.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

