Local sportSport

Laeveld se jong ruiters en hul perde gee hul alles

Die eerste been van die Suid-Afrikaanse Skole Ruiterkunsreeks het onlangs vir die Mpumalanga-ruiters in Badplaas afgeskop. Die Laevelders het goed presteer en verskeie rosette huis toe gebring. Die reeks, wat uit vier bene bestaan, bepaal watter ruiters vir die Mpumalanga-span gekies gaan word. Hulle gaan in Oktober aan die nasionale kamioenskappe deelneem. Dit word in …

Die eerste been van die Suid-Afrikaanse Skole Ruiterkunsreeks het onlangs vir die Mpumalanga-ruiters in Badplaas afgeskop.

Die Laevelders het goed presteer en verskeie rosette huis toe gebring. Die reeks, wat uit vier bene bestaan, bepaal watter ruiters vir die Mpumalanga-span gekies gaan word.

Hulle gaan in Oktober aan die nasionale kamioenskappe deelneem. Dit word in Kyalami, Gauteng aangebied.

Ayla Willemse van Laerskool Laeveld op haar ponie Miss Muffet

• Eerste in uitvoeringsrit (performance riding)
• Eerste en tweede in haar springklasse
• derde in (working riding) en met haar ander ponie Midnight Moon, tweede in werkingsrit (working riding).

Lindie Pienaar van Laerskool Witrivier

• Eerste in leidende leiselsuitvoeringsrit (lead rein performance riding)
• tweede in leidende leiselswerkingsrit
• tweede in greepwerkingsrit (in-hand working riding).

Shekina Cohrs van Laerskool Laeveld

• tweede leidende leiselsuitvoeringsrit
• eerste in leidende leiselswerkingsrit.

Alicia Jordaan (tuisonderrig) met Xube Xander

• eerste in 60 cm-werkingsjagter (working hunter)
• tweede in vlak een uitvoeringsrit
• tweede in vlak een werkingsrit.

Alicia Jordaan met Rossak’s Freja

• eerste in vlak een uitvoeringsrit
• tweede in 70 cm-spronge
• tweede in 60 cm-werkingsjagter.

Tamryn Prentice van Curro Nelspruit

• eerste in 70 cm-spronge
• tweede in vlak een greepwerkingsrit
• derde in vlak een werkingsrit
• vierde in vlak een uitvoeringsrit.

Jayden King van Laerskool Laeveld met Blueberry Muffin

• vierde in 90 cm-spronge.

Jana Engelbrecht van Hoërskool Nelspruit met Troytown Bordeaux

• eerste in vlak vyf uitvoeringsrit
• eerste in vlak vyf werkingsrit
• eerste in nuwelingstoets twee dressuur (novice test two dressage).

Mia Tinkhoff (Laerskool Bergland) en Prince Valiant het ‘n fantastiese skou gehad en met verskeie pryse huis toe gekeer

• eerste plek in 50 cm-ruiterskap
• eerste plek in sprongekompetisie
• eerste plek in sprongversamelaar (accumulator)
Mia het ook twee tweede plekke in die dressuur verwerf.

Taylor Dedekind (Curro Nelspruit) en Lord of the Ring

• eerste in greepnuttigheid (in-hand utility)
• eerste in werkingsrit vir hoërskole
• tweede in uitvoeringsrit vir hoërskole
• tweede in dressuur
• derde in Prix Caprilli.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button