Slimkoppe maak al die regte skuiwe by skaak interhoër
Ses topskaakspelers van Curro, Hoërskool Rob Ferreira, Uplands, Hoërskool Nelspruit, Bergvlam, Penryn en Hoërskool Sybrand van Niekerk, is gekies om hulle skole te verteenwoordig.

Verskeie slimkoppe van die Laeveldstreek het Dinsdag by Curro Nelspruit bymekaar gekom om sake tydens die interhoër op die skaakbord uit te spook.
NHS and EG Janse meet for games
Ses topskaakspelers van Curro, Hoërskool Rob Ferreira, Uplands, Hoërskool Nelspruit, Bergvlam, Penryn en Hoërskool Sybrand van Niekerk, is gekies om hulle skole te verteenwoordig. Die liga, ‘n inisiatief wat deur skaakonderwysers in die lewe geroep is, se hoofdoel was om die topskaakspan in elke ouderdomsgroep – o/15 (seuns en dogters), o/17 en ope-kategorie te bekroon.
Elke kategorie het uit ses spanne van die deelnemede skole bestaan en is in vyf rondomtalierondes gespeel. Bo en behalwe die topskaakspan, is die beste spelers met die meeste punte op elke bord ook aangekondig. Dit was ‘n dag van gemengde welslae onder die spanne met slegs Rob Ferreira wat in twee van die kategorieë, o/15-seuns en -dogters, kon koning kraai nadat hulle al vyf rondes gewen het.
Penryn clash with their rival Uplands at first derby
Die o/17-Robbies het egter ‘n wedstryd verloor, wat die baan geweg het vir Curro se oorwinning in dié ouderdomsgroep.
Nelspruit het met ‘n puntetotaal van 26,5 in die ope-kategorie met die louere weggestap, met Bergvlam B in die tweede plek.
Hier is die uitslae:
o/15:
1. Rob Ferreira
2. Uplands
3. Curro.
o/15 (dogters):
1. Rob Ferreira
2. Sybrand van Niekerk.
o/17:
1. Curro
2. Rob Ferreira
3. Nelspruit.
Ope:
1. Nelspruit
2. Bergvlam
3. Penryn.
Individuele wenners
Rob Ferreira
Patel Abdul-Samad – 976
Ruben le Roux – 1 051
Ntsako Mahlangu- 856
Kevin Antony Pulikkal – 978
Johan Odendaal – 1 211
Marthinus le Roux – 1 163.
Uplands
Takawira Matt – 805.
Curro
Jean Nortier – 856
Hainroux Erasmus – 1 087
Zuan Taljaard – 1 287
Mandla Mokoena – 1 075.
Nelspruit
Pierre-Andre Janse van Rensburg – 1 041
Theo Mogale – 980
Michiel Esksteen – 1 258
Viktor Steyger – 930.
Sybrand van Niekerk
Andre de Kock – 1 172.
Bergvlam A
Dian Schoeman – 1 012.










