Local sportSport

Hoërskool Bergvlam kolwer gekies by Elhlanzenistreeksproewe

Die skool se dogters krieketspan is tot dusver onoorwone

Hoërskool Bergvlam se meisiekrieketspan is besig om golwe op die veld te maak. Die span se prestasie by die Ehlanzenistreeksproewe teen Hoërskool Lydenburg het daarvoor gesorg dat kolwer Karli Nel, wat 35 van 23 balle aangeteken het, gekies is tot die Mpumalanga-finale proewe.

Karli Nel.

LEES OOK: WATCH: We’re ready for a Carnival at the Mpumalanga Show

Sy is een van nege o/19-meisies wat gekies is om aan die Mpumalangafinale proewe deel te neem. Die proewe sal op 21 en 22 September by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank gehou word. Die finale Mpumalanga-oefenspan sal dan uit die drie streke in die provinsie gekies word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button