Local sportSport

Laerskool Lydenburg se netbalspanne vaar uitstekend by die Mpumalanga finaal

Meer as 200 spelers het Saterdag 4 Junie by Hoërskool Generaal Hertzog aan die MSN Mpumalanga Netbal se finale ligawedstryde deelgeneem.

Die hoof Cornelius Lemmer, die spanne se afrigters en netbalsameroepers is voorwaar trots op al hierdie dogters.
Die skool bedank elke speler wat so hard geoefen het asook hul ouers vir die tyd wat hulle langs die netbalbaan deurgebring het.

Lees ook: Suspect (33) arrested for murder in Lydenburg

Die uitslae was soos volg: o. 11A tweede, o. 11B vierde, o. 12A derde, o. 12 B derde, o. 13A vyfde en o. 13B tweede.

Ses dogters is vir die Mpumalanga-span gekies vroeër in die seisoen tydens die provinsiale proewe.

Van die o. 12’s gaan Lungile Mokwena die provinsie verteenwoordig. Monique Bezuidenhout, Peyton Kuhn, Megan Honeyborne, Mekylie Niemand en Liebke Niemand het vir die o. 13 Mpumalanga Netbalspan gekwalifiseer. Hierdie spelers gaan in die wintervakansie deelneem aan die SA Netbaltoernooi vir skole.

Die o. 12A’s het ‘n derde plek behaal.
Die o.13 B’s het ‘n silwer medalje gewen.
Die o.11 A’s het n tweede plek behaal.
Die o. 12B’s het ‘n derde plek behaal.
Die o.13 A’s het ‘n vyfde plek behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button