Local sportSport
Hokkiebokkies voltooi goeie seisoen
Hoërskool Lydenburg het na afloop van die seisoen rede om trots te wees.
Op Saterdag 4 Junie het die hokkiedogters wedstryde teen Hoërskool Barberton op die nuwe Indube Astrobaan gespeel en alles gewen.
Al die dogterspanne het na die eerste ronde deurgedring om vir die Mpumalangaspan te kwalifiseer.
Op Saterdag 11 Junie speel die o. 15-span tuis teen Hoërskool Generaal Hertzog. Indien die o. 15- en o. 16-hokkiespanne die komende naweek in Volksrust wen, sal hulle outomaties vir die Mpumalanga-finaal kwalifiseer wat in Julie plaasvind.
Lees ook: Jolige affêre sorg weer vir ‘n trefferbasaar op Lydenburg



Foto’s: Michelle Boshoff
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
