Local sportSport

Neem deel aan Wildevy 4×4 Bergfietsren buite Burgersfort

As deel van die groot Wildevy 4x4 Gesinsdag op Saterdag 30 Julie, vind daar terselfdertyd ’n Wildevy Bergfietsren by die Laerskool Watervalsrivier plaas. Hierdie gesinsdag vind buite Burgersfort plaas in die Watervalsriviervallei.

Die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, gaan vanjaar saam kom fietsry. Hierdie bergfietsroete is een van die gewildstes in die omgewing en fietsryentoesiaste kom jaarliks van heinde en ver om dit by te woon.

Lees ook: Gewilde Wildevy 4×4 is terug

Die roete is baie uitdagend, maar daar is genoeg waterpunte om die fietsryers se dors die hele pad te les. Die inskrywingsfooie is R50 vir die 2,5 km, R80 vir die 10 km, R150 vir die 30 km en R230 vir die 70 km. Die eerste 400 inskrywings ontvang gelukspakkies met waterbottels, maskers en ander items van die borge. Daar is groot prysgeld en opwindende pryse op die spel. Die 70 km begin om 08:00 en die ander begintye sal deur die loop van die oggend bevestig word. Die fondsinsameling gaan hierdie jaar aangebied word om ’n ablusieblok te bou sodat daar van volgende jaar af ’n gratis kampterrein vir die fietsryers beskikbaar sal wees.

Die Watervalsrivier is die area tussen Lydenburg en Burgersfort op die R37 en bekend vir sy sitrus- en wildsplase.

Vir meer inligting, volg die Facebook-groep, Wildevy MTB Club, stuur ’n e-pos na melany@electrodiesel.co.za of skakel haar by 073 157 1579.

Terwyl die bergfietsren plaasvind is die Wildevy 4×4 Gesinsdag net ‘n paar kilometer verder reeds besig om die modder te laat spat. Maak seker julle is Saterdag 30 Julie daar. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button