Local sport

Rooikatte kniehalter Malelane vir plek in liga eindstryd

’n Geskiedkundige eindstryd wag op 13 Augustus vi Rooikatte en Laeveld Ratels.

Beide spanne het op Saterdag 23 Julie hul semifinale in die 2022 Ehlanzeni Laeveldliga gewen.

Die Rooikatte het op Lydenburg met 31-21 teen Malelane gewen.
Malelane het merkbaar in die tweede helfte alles ingesit om die telling te laat krimp, maar het steeds die spit afgebyt.
Die Ratels het met 61-3 teen Hazyview by die Winterveldklub buite Steelpoort gewen.

Lees hier: Nuwe Engelse vers in Hoërskool Lydenburg se skoollied bly getrou aan skoolvisie

Dit sal die eerste keer wees dat hierdie buurdorpe se spanne mekaar in ’n eindstryd die stryd aansê.

Vir die Rooikatte is drieë deur Julius Ackermann, Phillip Hennop, Neil Kemp, Jason Oosthuisen en Christian Labuschagne gedruk, en Jason Oosthuizen se drie drieë is verdoel. Die manne van die wedstryd
was Hilton Boshof (voorry) en Jason Oosthuisen (agterry).

Phillip Hennop klou aan.die bal.

 

Foto”s Michelle Boshoff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button