Gholfdag op Lydenburg is ‘n fiesta van kleur en geur
Kontak Lydenburg Gholfklub vir besprekings van gholfdae vir 2023.

Op Vrydag 7 Oktober het DN Makelaars se jaarlikse gholfdag suksesvol verloop.
Daar het ‘n feestelike atmosfeer by Lydenburg Gholfklub geheers.
Die langste dryf is deur Jaco Coetser geslaan en die naaste aan die pen is deur Wilma Griesel aangeteken.
⁹
Die wenspan van die dag was Theo Naudé, Jaco Coetser, Lappies Labuschagne en Karel Prinsloo.
Die spelers en die span van Corjan Mulder, André Nel, Erich Venter en Jaco Coetzer is as die span met die beste gees aangewys.
Wessel Davel en Gerhard Nel van DN Makelaars het Lydenburg Gholfklub en al die spelers bedank wat jaarliks van hierdie dag ‘n sukses maak.
Organisasies sonder winsoogmerk of sakeondernemings wat gholfdae vir 2023 by Lydenburg Gholfklub wil reël, kan Sybrandt de Fortier by 071 140 1418 skakel. Dit moet vroegtydig bespreek word.
Sien nog foto”s hier:






