Stokke swaai vir Rusoord op Lydenburg
Die Rusoord Tehuis vir Bejaardes se gholfdag was vanjaar weer eens 'n groot sukses.
Dit het op Saterdag 5 November by die Lydenburg Gholfklub plaasgevind. Die langste dryf van die dag is deur Gert Cross aangeteken.
Lees ook: Veelsydige kunstenaar bekoor sy Witrivier-gehoor met uithaler-vertoning
Die wenners van die gholfdag was Juan Cross en Piet van Vuuren. Die res van die wenners is Gert Cross en Johan Labuschagne (tweede), Thys Cronje en Johan Vorster (derde), Anton Edward en Johan van Wyk (vierde), Julius Ackermann, Nico Mulder en Jakes Valley (vyfde), Sean Bouwer en Gerhard Pretorius (sesde), Danie Ackermann en Johan Bezuidenhout (sewende), Wilma Griesel en Morne Roos (agtste). Rusoord het die spelers en borge bedank wat die dag ‘n sukses
gemaak het asook Heather Aspeling wat vir argief foto’s geneem het en Sybrand de Fortier vir reëlings by die gholfklub.




